
=====================================================================
Nergensland (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Nergensland

---------------------------------------------------------------------
Katinka Heyns gee 'n persoonlike blik op die transformasie wat van haar en haar bedryf vereis word.

IN sy essay getiteld "Nergensland bedreig ons" skryf die filosoof Martin Versfeld: "Utopia is 'n Griekse woord wat nergensland beteken, of 
die plek wat nie 'n plek is nie. Dis die toestand waarnatoe die mensdom hol, en wat deur die leemte geskape is, die sug na wat ons nie het 
nie, die skepsel van ons ontevredenheid met wat aktueel is. Miskien ook die teken van 'n onversadigde liefde.

"Die bron van die Utopisme is 'n onerkende sug na die ewige. Dis 'n poging om 'n ewige ryk op aarde en binne die geskiedenis te skep. Soms 
probeer die Utopis om die tyd te laat stol, en homself te vergoddelik. Augustinus het bely: 'U het ons vir Uself gemaak en ons harte is 
onrustig totdat hulle in U rus vind.'

"Hier vind ons die bron van die onsin omtrent ideale. Ideale is die vergulde projeksies van 'n onrustige ek wat meen dat hy sy eie vrede 
kan fabriseer.Binne elkeen van ons sit daar 'n Utopis wat die werklikheid op eie lees wil skoei.

"Tog was dit die oerversoeking: Om met God se oog te wil sien  waaruit die nagmerrie van die geskiedenis gebore is. Ons is vervloek deur 
altyd meer te wil h. Totdat ons met die sug na meer afreken, word ons deur die Nergensland bedreig."

Watdit metAfrikaans en die film- en televisiebedryf te make het? Ongeveer alles.

Dit voel vir my asof nergensland dalk nie meer ons voorland is nie. Die inmekaartuimel van strukture rondom die rolprentbedryf, die wegneem 
van die veiligheidsnet, die onttrekking van fondse vir projekte in Afrikaans (deurveral die SABC, rolprentverspreiders, privaat 
instansies), was traumaties, ja, maar ook bevrydend. N dertig bevoorregte jare in die rolprent- en televisiebedryf hetek in 'n oomblik 
geweet hoe dit voel om 'n padda te wees in 'n poeletjie wat stadig maar seker al hoe warmer gemaak word. Jy is lam en jy weet jy gaan 
verdrink as jy nie gou 'n plan gemaak kry nie. Jou instink s vir jou jy moenie probeer swem nie. Jy draai op jou rug en dryf op die water 
en kyk na die wolke. Jy kyk op. Waar sal jou hulp vandaan kom?Die water word warmer.Jy is in die rooi.Soos in bloedrooi.Jy kyk om 
jou.Daar is ander Afrikaanse paddas. Party van hulle sit op die wal en bloos.Hulle het geweet wat kom en vroegtydig uit die water geklim. 
Meestal di met hoenders in die bank.

Om 'n lang storie kort te maak: Ek het instinktief geweet dat ek nie net na my finansile balansstaat moet kyk nie. Wat van die geestelike 
balansstaat?Wat ek gesien het was 'n duidelike prentjie van nergensland. Die toestand waarnatoe die mensdom hol. Watanders sou my en al 
die ander Mammoniete tot stilstand gebring het?

Ek was deel van 'n groep wat sy eie geskiedenis verguld het: wat agter die dekmantels van heilige oortuiginge verbrou het. "Binne elkeen 
van ons sit daar 'n Utopis wat die werklikheid op eie lees wil skoei."Wat is die film- en TV-bedryf anders as die oerversoeking om met God 
se oog te wil sien?Het ek al afgereken met die sug na meer?Hoe lyk die "divine discontent"? Ek het geweet die definisie van sukses kan 
nie beperk word tot materile sukses nie. Sonder gemoedsrus en balans gee mens te veel prys.Maarvir my bly die groot vraag: Wat het die 
bedryf en Afrikaans met God en die Ewigheid te make?Ek glo nie 'n dokter het nodig om hierdie vrae te beantwoord nie. Hy is in elk geval 
'n dokter of 'n ingenieur of 'n wetenskaplike wat toevallig ook 'n Afrikaanssprekende persoon is. Hy sal iets vir Afrikaans beteken as hy 
dit wat hy doen, so goed as moontlik doen en dalk beter as die volgende persoon.

Ironies genoeg het Paljas in hierdie land eers op M-Net tot sy volle reg gekom. Kyk mens na die verstommende spronge op elektroniese vlak, 
weerspiel dit juis nuwe denkrigtings. Ons is besig om agter te kom dat daar nie 'n daar is waarheen ons beweeg nie: dat ons holografies 
moet dink. As ek my prentjie suiwer, suiwer ek ook die groter geheel. Dit gaan oor die groter geheel. As ons denke digitale begrippe kan 
aanleer en ons ophou om die lewe soos 'n analoog-televisiestasie te benader, glo ek l die wreld vir ons oop. Ons moet die koue waters van 
die oop see aandurf. Ons weet die geheel is groter as die som van die dele. Ons moetdalk ophou om in die dele vas te staar.

Kyk net naKykNET. Hier is 'n nuwe alternatiewe tuiste vir Afrikaans. En nie 'n oomblik te vroeg nie.Die kamera is 'n lens wat nie net kyk 
nie. Hy vertolk ook. As ons saamkyk na die ongelooflike stories wat l en wag, en saam met ander kultuurgroepe kan sing en dans en ons 
stories vertel, is daar 'n toekoms vir die bedryf.

Die lens waardeur ons gekyk het, was verwring.Ek wil glo ons is bevry en dat die wreld na ons en ons stories gaan begin vry. Ons kan vir 
die eerste keer werklik na die musiek van ander kulture begin luisteren begin saamdans. Ons kan nou voel ons is van Afrika en nie van 
nergensland nie. Die essaybundel Granaat, saamgestel deur Tom Gouws en P. H. Roodt; uitgegee deur Juta en Kie, Bpk (1992). Katinka Heyns is 
aktrise en veel bekroonde Afrikaanse rolprentmaker, onder meer van Fiela se kind en Paljas.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7218.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

